Boris Nemtsof

Boris Nemtsof
Борис Немцов
Boris Nemtsof
Nemtsof in 2013.

Adjunkpremier van Rusland
Ampstermyn
28 April 1998 – 28 Augustus 1998

1ste adjunkpremier van Rusland
Ampstermyn
17 Maart 1997 – 28 April 1998
Voorafgegaan deur Wladimir Poetin
Opgevolg deur Joeri Masljoekof

Persoonlike besonderhede
Gebore 9 Oktober 1959
Sotsji, USSR
Sterf 27 Februarie 2015 (op 55)
Moskou, Rusland
Religie Russies-Ortodoks

Boris Jefimowitsj Nemtsof (Russies: Бори́с Ефи́мович Немцо́в, IFA-uitspraak: bɐˈrʲis jɪˈfʲiməvʲɪtɕ nʲɪmˈtsof; 9 Oktober 195927 Februarie 2015) was ’n Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus. Hy was een van die belangrikste mense wat betrokke was by die instelling van kapitalisme in die Russiese ekonomie ná die verbrokkeling van die Sowjetunie.[1] Hy het in die 1990's ’n suksesvolle politieke loopbaan onder Boris Jeltsin gehad en was sedert 2000 ’n uitgesproke kritikus van Wladimir Poetin. Hy is op 27 Februarie 2015 doodgeskiet op ’n brug naby die Kremlin en Rooiplein in Moskou.[2] Hy is vier keer in die rug getref.[3]

Ten tyde van sy dood was Nemtsof in Moskou om te help met die organisasie van ’n optog teen Poetin se beleidsrigtings oor die Russiese betrokkenheid in die oorlog in Oekraïne en die Russiese finansiële krisis van 2014–'15. Sy kritiek jeens die Poetin-regering was veral weens beweerde wydverspreide geldverduistering en woekerhandel voor die Olimpiese Winterspele in 2014 in Sotsji, sowel as Rusland se politieke inmenging en militêre betrokkenheid in Oekraïne.[4][5] In die weke voor sy dood het Nemtsof gesê hy is bang Poetin laat hom vermoor.[6][7]

Tot met sy dood was Nemtsof lid van die streeksparlement van Jaroslawl-oblast (verkies in 2013), ’n medevoorsitter van die Republikeinse Party van Rusland en een van die leiers van die opposisiebeweging Solidarnost.

  1. Birnbaum, Michael; Branigan, William (28 Februarie 2015). "Putin critic, Russian opposition leader Boris Nemtsov killed in Moscow". Washington Post. Besoek op 1 Maart 2015.
  2. Amos, Howard; Millward, David (27 Februarie 2015). "Leading Putin critic gunned down outside Kremlin". The Telegraph (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 28 Februarie 2015.
  3. Kramer, Andew E., "Boris Nemtsov, Putin Foe, Is Shot Dead in Shadow of Kremlin," New York Times, 27 Feb 2015.
  4. "Собчак: Немцов собирался опубликовать доклад об участии российских военных в войне на Украине" (in Russies). RosBalt. 28 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2020.
  5. Putin Critic Boris Nemtsov Shot Dead. NPR. 27 Februarie 2015
  6. "Борис Немцов: Боюсь того, что Путин меня убьет" (in Russies). Sobesednik. 10 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2019.
  7. "Russia opposition politician Boris Nemtsov shot dead" (in Engels). BBC News. 27 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2020. Besoek op 27 Februarie 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search